So het hy onlangs geskiedenis gemaak met sy uitstalling van die Anglo Boereoorlog (ABO) posgeskiedenis uitstalling in die Kasteel in Kaapstad.
Die uitstalling is uniek en is ook die grootste nagevorsde versameling van ABO posgeskiedenis in die wêreld vandag, veral in die lig dat die werk alleen deur homself voorberei, getik en gemonteer is soos dit op die uitstalling daarna uitgesien het.
Die uitstalling het al die kampanjes, hoof veldslae en troepe bewegings gedek vanaf die begin van die oorlog tot die Guerilla era van die oorlog en ingesluit die krygsgevangeniskampe van hier in die Kaap, asook oorsee. Al die konsentrasiekampe is verteenwoordig met pos wat deeglik nagevors is.
Die oorsese kampe is ook verteenwoordig met posgeskiedenis van ieder en elk aan een van die krygsgevangenis.
Du Plessis het die versameling bymekaargemaak deur die afgelope 40 jaar en het die 'epiese' reis in die ABO posgeskiedenis in Bethlehem in die Vrystaat gebind waar hy as kind grootgeword en ook vir jare as prokureur gepraktiseer het. Hy het van Bethlehem na Alberton verhuis waar hy sy soektog na posstukke voortgesit het. Die posstukke is almal eg en is ook Africana geskiedenis.
Hy het die versameling verkry van versamelaars oor die wêreld heen en het byna elke land besoek waar hy veilings bygewoon het om stukke aan te koop.
Die versameling bevat briewe en poskaarte en ander ABO items uit die tydperk 1899 tot 1903. Daar is die verskeie seëls wat tydens die ABO gedruk en gebruik is, beide deur die Britse asook Boeremagte tesame met telegramme, foto's, koerantuitknipsels met inligting oor die oorlog en die stryd tussen Boer en Brit. Die versameling beslaan 4950 items wat op 333 rame uitgestal is, met 15 items elk daarop.
Dit is egter nie die hele versameling nie en is daar volgens Du Plessis etlike honderd ander items wat geberg word. Vir die uitstalling is navorsing en voorbereiding in Engels gedoen, buiten 'n paar gedeeltes (die draaksteek met poskaarte, 'Onder Britse Juk in Indië). Die versameling dek verder die 35+ konsentrasiekampe en die posgeskiedenis van al die kampe is verteenwoordig, asook heelwat algemene pos en Britse pos.
Die uitstalling van die items was op 'n open class filatelistiese formaat voorgestel wat beteken dat by die briewe, koeverte en poskaarte gebruik gemaak is van ander items soos koerantuitknipsels, telegramme ensovoorts om die storie van die oorlog meer helder en interessant oor te dra.
Du Plessis het die afgelope 13 jaar van sy aftrede in Stilbaai aangewend om uit sy inligtingsbronne en biblioeeek al die posstukke na te vors en op te skryf. So is elke item op spesiale papier gemonteer en op 'n blad geplak. Die lys van 35 919 boere krygsgevangenis en ander persoonlike inligting het nege maande se harde werk behels.
So is Du Plessis nou in staat om elke posgeskiedenis stuk wat hy in die hande kry met sy geaddresseerde te verbind en daardie persoon se geskiedenis en verhaal byeen te bring met die koevert wat aan hom geaddresseer is. Dit gee volgens Du Plessis lewe aan die storie van Penkop tot oudstryder.

Die nagevorsde versameling van die posge-skiedenis tydens die Anglo Boere oorlog bestaan uit 333 rame.