HESSEQUA NUUS - Boere in die Hessequa-distrik sit met 'n groot kopseer: hoewel die streek gewoonlik ook in die somermaande reën kry, is wintertyd eintlik die reënval-seisoen, maar vanjaar is dit laat.
Weiding is vir talle melkboere te min. Met die reën wat wegbly, kom die kos op die veld nie op nie al is daar gesaai.
Boere saai en plant tans gars, hawer, kanola en ook lusern. Hier en daar sien mens dat sade wel opkom, maar die koue veroorsaak dat groei baie stadig plaasvind.
Dit moet dringend reën sodat die saaisels behoorlik kan groei. Hoewel meeste damvlakke in die streek goed vertoon, is die landerye droog.
Nie alle boere het permanente besproeiing nie, omdat dit baie duur is.
Baie boere bid dat die veld ook reën sal kry. En dat dit nie te laat sal wees nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'