Update
SWELLENDAM NUUS - 'n Vierde persoon is sedert Oktober 2020 in verband met kinderpornografie in Suid-Afrika in hegtenis geneem.
Volgens Suid-Kaap polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie is 'n 48-jarige boer van Swellendam twee weke gelede aangekeer omdat hy in die besit was van beeldmateriaal wat op kinderpornografie neerkom.
Die klopjag is as 'n gesamentlike poging tussen lede van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Kaapstad en die VSA se departement van binnelandse veiligheid deur die Amerikaanse ambassade uitgevoer.
Die verdagte het die Wet op Rolprente en Publikasies oortree en ook 'n kletskamer besoek waar deelnemers eksplisiete seksuele gesprekke en beeldmateriaal van minderjariges gedeel het.
Die Swellendammer is op borgtog van R2 000 vrygelaat en sal weer op 13 Mei in die hof verskyn.
Vorige artikel: Man vas vir kinderporno
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'