Update
HESSEQUA NUUS - Wintertyd en waterveiligheid is nie twee woorde wat mense dink bymekaar pas nie, want wanneer ons aan winter dink, is dit koue, sneeu en reën.
Dit beteken egter dat die damme, riviere en kanale voller raak en dus is waterveiligheid en die beskerming teen verdrinkings van die belangrikste aspekte waaraan gereeld aandag geskenk moet word.
Tydens wintermaande glip waterveiligheid maklik deur die krake en kan dit groot hartseer teweeg bring.
Die waterveiligheidsprogram van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) bied nou, gedurende hierdie grendeltyd, virtuele lesse aan om kinders van die gevare naby water bewus te maak.
Tydens die wintermaande en veral met grendeltyd, is meer kinders tuis en deel die NSRI onderstaande wenke:
- Ouers moet vir kinders van jongs af leer dat hulle nooit alleen naby water mag speel nie. Kinders kan in so min as 4cm water verdrink;
- Indien naby water, sorg dat jy ten minste ‘n armlengte van jou kind af is;
- Visdammetjies, fonteintjies, toilette, slote, waterbakke van diere en skottels vol water wat buite staan, is enkele voorbeelde waarin kinders kan verdrink;
- Moet nooit jou kinders alleen laat nie;
- Leer KPR en ken die noodnommer (112).
Skole en speelgroepies is welkom om vir Caville Abrahams (071 871 9664) te kontak of stuur ‘n epos na caville@searescue.org.za
Vorige artikel: Wees waterveilig gedurende winter
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'