HESSEQUA NUUS - Tydens wintermaande glip waterveiligheid maklik deur die krake en kan dit groot hartseer teweeg bring.
Wintertyd raak damme, riviere en kanale voller en die beskerming teen verdrinkings is ‘n belangrike aspek waaraan gereeld aandag geskenk moet word.
Die waterveiligheidsprogram van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) bied nou, gedurende hierdie grendeltyd, virtuele lesse aan om kinders van die gevare naby water bewus te maak.
Skole en speelgroepies is welkom om vir Caville Abrahams (071 871 9664) te kontak of stuur ‘n epos na caville@searescue.org.za
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'