STILBAAI NUUS - Die Blombosgrot naby Stilbaai het al soveel merkwaardige argeologiese ontdekkings gehad dat hy wêreldbekend is.
Ongelukkig is die grot nie oop vir die algemene publiek nie as gevolg van die groot waarde wat geheg word aan die ontdekkings wat nog steeds deur argeoloë gedoen word.
Belangstellendes in die argeologie het egter die voorreg om na aanbiedings deur proffesore Chris Henshilwood, Francesco D'Errico en ander van die Universiteit van Bergen in Noorweë, te luister op 20 Maart 2024.
Hulle gaan in Die Waenhuis by Jagersbosch in Stilbaai van 09:00 tot 11:00 gesels oor die oorsprong van menslike gedrag, argeologie en die implikasies van die ontdekkings in die Blombosgrot.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’