Die uitstalling oor Blombos bevat dubbelwang punte (Stilbaaipunte), beengereedskap, varswaterskulpe wat in kralesnoere gebruik is, 'n replika van die befaamde gegraveerde oker en 'n grimeerstel. Daar is ook ander uitstallings van Vroeë-, Middel- en Laatsteentydperk-artefakte afkomstig uit die streek.
'n Gedeelte is toegewy aan die jag en kulturele voorwerpe van die Boesmans, asook 'n Khoekhoen kleipot.
'n Galery van Boesmanrotskuns uit die Langeberge, tesame met 'n klein uitstalling wat die tegnologie van die Boesman-kunstenaars uitbeeld, is 'n nuwe toevoeging.
Verder is daar gebeentes van diere wat hier aktief was, insluitend olifante en hiënas.
