Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - 'n Veldbrand wat Saterdagoggend 21 September in die loop van die Duivenhoksrivier by Heidelberg uitgebreek het, het inwoners van die Skoolkop en Bo-dorp woonbuurte lelik laat skrik.
Reuserookwolke het die oggend skielik agter Skoolkop verskyn. Dit het donker oor 'n gedeelte van die huise gehang en net vermeerder.
Vanuit die dorp was dit moeilik vir benoude inwoners om te sien presies wat waar brand.
Groot dele van die droë beboste gedeeltes, bome en plantegroei in die rivierloop net buite die dorp is vernietig, maar die enkele huise sowat 100m weerskante van die rivierwal is nooit bedreig nie. Die naaste dorpshuise is amper 'n kilometer ver.
Die dorp se brandbestryders was heeltyd op die toneel. Van laatmiddag af en deur die nag het 'n welkome reëntjie wat die smeulende takke heeltemal geblus het, uitgesak.
Kyk 'n video hieronder:
Die toneel waar die veldbrand gewoed het. Foto: Alex Marshall, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'