HEIDELBERG NUUS - Jacobus Joseph, inwoner van Protealaan op Heidelberg en voormalige algemene werker by Heidelberg-polisie se dienssentrum, het sedert sy uittrede na 34 jaar diens nie stil gaan sit by die huis nie.
Hy spandeer sy tyd in sy tuin waar hy groente en blomme deur die jaar kweek.
Sy nuutste oes van beet is bewys van sy vernuf en passie om in die tuin rond te skoffel.
Volgens hom was sy beet nog nooit so groot was nie en moes hy die koerant kontak om daarmee te spog.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'