HESSEQUA NUUS - Kaartbetalingsfasiliteite vir die betaling van registrasie en lisensiëring van voertuie sal vanaf 1 Julie vanjaar by die verkeerskantore op Riversdal, Stilbaai, Albertinia en Heidelberg beskikbaar wees.
Diensterekeninge kan deur middel van kontant, ’n elektroniese fondsoordrag (EFT) betaal word of jy kan op die munisipale raad se ACB debietorderstelsel registreer.
Voorafbetaalde elektrisiteitsaankope is reeds beskikbaar op jou selfoon of via die internet.
Registreer op https://powerplus.co.za/ of www.ontecenergy.co.za om van hierdie diens gebruik te maak.
Vir meer inligting skakel die Finansies Inkomste Departement by Tel: 028 713 8000.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'