Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die Belgiese skrywer en vriend van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), Klavs Skovsholm het gehelp om hul nuwe inisiatief te bewaarheid.
“Skovsholm het in vennootskap met die SBA ‘n storie geskryf wat spesiaal verafrikaans is om binne ons konteks tot jong lesers te spreek,” het Gershwin Cupido, administratiewe assistant van die SBA gesê.
Die storieboekie, Die Kokerboom, sal aangewend word om 'n liefde vir lees onder jong leerders aan te wakker en hulle te lei tot selfstandige lees op hul eie vir ontspanning en verryking.
Die SBA se fokus op multitaligheid was die rede vir die samestelling van die storie in Afrikaans, sowel as isiXhosa. 'n Aantal eksemplare is aan Voorwaarts Primêre skool se graad 3-klas geskenk om vir leesontwikkeling binne skoolverband aan te wend.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'