Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Een van die land se bekendste ekonome, Ulrich Joubert het tydens Stilbaai-sakekamer se eerste byeenkoms vir 2022 sy mening gegee oor die huidige stand van die ekonomie.
Joubert is 'n voormalige hoofekonoom van Transnet en een van die enigste ekonome wat die Beeld Ekonoom van die Jaar-toekenning drie keer verower het.
Rachel Wall, voorsitter van die sakekamer het na twee jaar se probeerslae uiteindelik vir Joubert gekry om Stilbaaiers toe te spreek.
In haar bedanking het Wall gesê dat hulle so twee jaar gelede 'n visie vir Stilbaai geskep het om seker te maak dat ontwikkeling volhoubaar sal geskied.
Hulle het besluit om dit wat belangrik is te beskerm, terwyl hulle fokus op groei!
VIDEO: Bekende ekonoom spreek sakekamer toe
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'