RIVERSDAL NUUS - Prof. Francois Durand, paleontoloog en ekoloog van die departement dierkunde van die Universiteit Johannesburg, kom op 8 Maart by Riversdal se plaaslike tuinbouklub (GFT) gesels oor klimaatsverandering en die verwoesting wat dit reeds wêreldwyd veroorsaak is en op 9 Maart verskuif die fokus na Suid-Afrika en toekomstige verwagtings.
Dié bekroonde akademikus se lewensdoel is om die wetenskap verklaarbaar en aan álmal toeganklik te maak.
Bespreek betyds vir dié gesprekke by die NG Kerk Wes-saal in Versfeldstaat.
Dit begin om 09:00 en duur tot 12:00. Die oggendtee met verversings op 8 Maart kos R120 en die smul-ontbyt op 9 Maart kos R200.
Vir meer inligting bel Anzette Finnemore by 072 189 3549 of Lynette Nainkin by 082 821 4410.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'