Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - ‘n Groot groep jeugdiges van die jeuggroep #Imagine het die bejaardes in tehuise op Riversdal met omgee bederf.
Sowat 100 leerders van die dorp se hoërskole het saamgekom vir ‘n dag van viering en uitreiking.
Daarna het die jeugdiges na die dorp se tehuise, Ou Meule en Jan Lange opgemars.
Fotogalery: Riversdal bejaardes word bederf
Die bejaardes is met ‘n pakkie soetkoekies en lekkerruikseep bederf, geselsies aangeknoop en omgee uitgestraal. Die uitreiking moes deur die tehuise se tralies geskied.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'