RIVERSDAL NUUS - Op 18 Julie het departement maatskaplike ontwikkeling (DMO) Siyazama, 'n klub vir bejaardes in Kwanokuthula, besoek om Mandeladag saam met hulle te vier.
Die klub is in 2022 gestig en het reeds hul status as 'n nie-winsgewende organisasie verwerf.
Lede kom elke Dinsdag en Donderdag bymekaar in die Kwanokuthula-gemeenskapsaal en hul doel is om bejaardes so lank moontlik gesond en aktief binne die gemeenskap te hou.
Die DMO het die geleentheid gebruik om bejaardes bewus te maak van geestesgesondheid en die gepaardgaande uitdagings wat dit stel. Daar is ook gefokus op die emosionele, sielkundige en sosiale welstand van lede.
DMO-amptenare het die klublede elkeen met 'n klein geskenkie bederf.
Persone wat graag betrokke wil raak by die Siyazama-klub vir bejaardes kan gerus hul koördineerder, mnr. Nxasana by 083 317 2213 kontak.
Lede van Siyazama, 'n klub vir bejaardes in Kwanokuthula, het op 18 Julie saam met amptenare van die departement maatskaplike ontwikkeling Mandeladag in die Kwanokuthula-gemeenskapsaal gevier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’