Update
RIVERSDAL NUUS - Die bejaarde pa, wat daarvan aangekla word dat hy na bewering sy dogter in Augustus 2021 seksueel aangerand het, het Vrydag 4 Augustus weer vlugtig in die Riversdal-streekhof voorgekom.
Die aanklag teen die 77-jarige beskuldigde spruit glo uit verskeie aanklagte, waaronder, seksuele aanranding, minagting van die hof nadat hy 'n beskermingsbevel teen hom verbreek het, en ook van aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat hy glo sy 44-jarige dogter met kookwater sou verbrand het.
Die beskuldigde is met streng voorwaardes vrygelaat. Volgens dié voorwaardes moes hy die huis verlaat om ander blyplek te vind en hy mag ook nie met die klaagster of getuies inmeng nie. Intussen het hy verlede Desember 'n uitsettingsbevel teen sy dogter verkry.
Die saak is tot Vrydag 6 Oktober vir verhoor uitgestel.
Vorige arikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’