RIVERSDAL NUUS - ‘n 75-jarige vrou is gistermiddag op Sondag, 22 Januarie by haar woning in Riversdal verkrag.
Volgens die polisie is die slagoffer ook aangerand en het sy verskeie beserings opgedoen. Sy is teen die ter perse gaan steeds in ‘n hospitaal vir haar beserings behandel.
Intussen het die polisie vanoggend ‘n 19-jarige man in verband met die verkragting in hegtenis geneem.
Die verdagte is in Riversdal in hegtenis geneem en bly in aanhouding.
Hy sal na verwagting more in die Riversdal-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van verkragting. Meer aanklagte mag dalk by die klagstaat gevoeg word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'