MOSSELBAAI NUUS - Die bekende dr. Wouter Basson is op 27 Augustus die gasspreker tydens 'n funksie van die Fort Outeniqua-tak van die Suid-afrikaanse Spesiale Magte Assosiasie (Sasma).
Basson sal oor die wapens van massavernietiging praat. Die geleentheid vind om 17:30 vir 18:00 in die Diaz Hotel in Mosselbaai plaas en is nie net vir militêre veterane nie, maar is oop vir alle belangstellendes.
Die hotelsaal kan 250 mense akkommodeer, wat beteken dat belangstellendes so gou moontlik hul plekke moet bespreek.
Die aand word aangebied om geld vir bystand aan Sasma-lede te verleen wat gesondheidsprobleme het en wat ook finansieel sukkel. Sasma is by die departement van militêre veterane as 'n nie-winsgewende militêre veterane organisasie geregistreer.
'n Veiling gaan ook gehou word, waar onder andere 'n jagpakket in die Graaff-Reinet-omgewing opgeveil gaan word. Militêre boeke sal tydens die aand te koop aangebied word.
Toegang beloop R250 per persoon en sluit 'n vingerete ter waarde van R120 per persoon in. Vir enige navrae, kontak Bill van der Linde by 082 567 6005 of Wessel Maree by 082 900 5591.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'