STILBAAI NUUS - Een van die sake wat tydens die Tuin-op-die-Brak se onlangse algemene jaarvergadering bespreek was, is die beoogde Blombos Argeologiese en Fynbos-sentrum.
Volgens Gustaff Radloff, een van die sprekers, is dit nie net ‘n droom nie.
“Die Blombos Argeologiese museum in die gebou wat die Inligtingsentrum huisves by die palinggat, bestaan immers reeds."
Die oogmerk is om die bestaande museum aansienlik uit te brei en in hierdie verband is al heelwat aanvoorwerk gedoen.
Dr. Chris Heese skakel reeds met die Wes-Kaapse provinsiale regering om te verseker dat Stilbaai een van die belangrike besoekpunte sal wees in die beoogde Argeologiese Roete wat nou van owerheidsweë gedryf word.
Die trust wat reeds by die kantoor van die Meester van die Hoë Hof in Kaapstad ingedien is, sal bekend staan as die Blombos Argeologiese en Fynbos Trust.
Deskundiges soos professors Richard Cowling, Marean Curtiss, Mike de Jongh, asook dr. Renee Rust het hulself bereid verklaar om behulpsaam te wees.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'