- Bevordering van die openbare belangstelling in en ondersteuning van die argeologie.
- Doen of laat doen argeologiese en verwante studies.
- Bewaar of laat bewaar belangrike argeologiese artefakte en reste.
- Instandhouding en uitbreiding van die bestaande Blombos Argeologiese Museum.
- Inlig van lede oor tersaaklike aangeleent-hede deur onder andere kennisgewings, nuusbriewe, die media en die reël van uitstappies.
- Aanbieding van lesings en besprekings vir lede en die breë publiek.
- Skakeling met ander belanghebbende organisasies en indiwidue waar nodig ten einde die doelstellings van die Vereniging te bevorder.
- Projekte
- l Visvywerprojek: Bevordering van die volgehoue bewaring van die Noorkapperspunt-visvywers wat geleë is in 'n area wat as beperkte gebied binne die Stilbaai Marine Bewaringsgebied verklaar is.
- l Rotskuns projek: Om verdere rotskuns vind-plekke in die Hessequa- streek te karteer en te dokumenteer.
- l Hessequa se Etnogeskiedenis: Navorsing oor die geskiedenis en kultuur van die eertydse inheemse Khoenkhoen- en Boesman-inwoners van die Hessequa en die bepaling van hulle moontlike verwantskap met die huidige inwo-ners.
- l Die Blombos Museum vir Argeologie: Die bestuur, instandhouding en uitbreiding van Die Blombos Museum vir Argeologie.
- l Argeologiese Terrein Katalogus van Hessequa: Skep van 'n omvattende katalogus van alle argeologiese terreine van belang in Hessequa en die identifisering van terreine vir verdere studie.
- l Skoolprojek: Om leerders van die Hessequa-streek bewus te maak van argeologie en die beginsels daarvan by hulle tuis te bring.
- l Rotskuns galery: Om die rotskuns van die Hessequa op 'n aanskoulike manier aan die publiek bekend te stel.
Voorsitter: Chris Heese, 028 754 3247
Ondervoorsitter: John Willemse, 082 377 5212
Sekretaris:Esther Scheffer, 028 754 3589