Die plaaslike St Barnabas Anglikaanse kerk was die gasheer kerk.
Die erediens is deur ongeveer twintig kerke vanoor die bisdom bygewoon en dit was 'n eerste vir die Anglikaanse kerk om hul erediens by 'n ander kerk te hou.
Die diens is deur eerw Eben Pretorius, plaaslike predikant gelei en hy is deur eerw Pollie Esau, bygestaan. Eerw Nicolas Williams, van die Holy Trinity kerk, Belvidere, het die boodskap gebring.
Die Nagmaal is deur Biskop Melvin Marajh van George waargeneem en bygestaan deur verskeie ander leraars van die ander gemeentes. Eerw Thomas Meyer van JF Neumann het die verskeie leraars met hul gemeentes by hulle verwelkom.

Eerw Eben Pretorius, heel regs voor saam met van sy gaste, eerw Thomas Meyer en Biskop Melvin Marajh. Agter van links staan eerw Nicolas Williams, Ben Daries, eerw Pollie Esau, Ralph Jacobs, eerw Peter Rhodes, eerw Isaac Joseph en eerw Sydney Philander.
ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'