HESSEQUA NUUS - Die afgelope feesseisoen se Kersliggies is lankal uitgedoof, maar vir die ANC-komponent van die Hessequa-munisipale raad sal befondsing daarvoor lank as verdag bly flikker.
Uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het tydens die Desember spesiale raadsvergadering aangekondig dat R100 000 deur die munisipaliteit bewillig is om Kersliggies by Stilbaai se ingang en omgewing aan te bring.
ANC-raadslid Chris Taute wou weet wat van Albertinia, Heidelberg en Slangrivier as dit by die versiering met Kersliggies begin.
Speaker Andrew Stroebel het die item op die agenda kortgeknip en die liggies het Kersfees op Stilbaai gebrand.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'