HESSEQUA NUUS - Die ANC Hessequa is nie tevrede met die munisipaliteit se voorneme om ’n R30 miljoen eksterne lening op te neem ter gedeeltelike finansiering van sy kapitaalprogram vir 2018/19 nie.
Die ANC meen die trant waarmee lenings opgeneem word ‘sedert die DA die raad oorgeneem het is besig om gevaarseine vir ons inwoners te gooi’, veral omdat hulle voel die meeste van die geld word in Stilbaai bestee, terwyl al die inwoners/belastingbetalers die skuld moet afbetaal.
Op Suid-Kaap Forum se navraag aan die munisipaliteit, sê Marina Griesel, direkteur: korporatiewe bestuur dat dit nie ’n ‘DA-lening’ is nie, maar ’n lening wat die Hessequa-munisipaliteit opneem.
“Boonop is die lening baie kleiner as wat oorspronklik goedgekeur is, maar deur besparing en eie finansiering kan ’n kleiner bedrag vir noodsaaklike uitbreiding en opgradering in al die dorpe gebruik word.”
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'