Update
ALBERTINIA NUUS - Dertien mense het die dood vrygespring, toe 'n taxi ongeveer 10km vanaf Albertinia omgeslaan het.
Volgens Albertinia-polisie se kommunikasiebeampte, ao Ciska Badenhorst het die taxi in die rigting van Kaapstad vanaf die Oos-Kaap gery toe die voorval teen omstreeks 05:10 Vrydagoggend, 28 Augustus in die Zoutpan-omgewing plaasgevind het.
Badenhorst sê die 13 insittendes is almal na Riversdal-hospitaal vir mediese behandeling vervoer. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.
Die polisie het 'n roekelose en nalatige bestuur dossier geopen.
Badenhorst wou geen kommentaar lewer oor die moontlike oorsaak van die ongeluk nie en het gesê alle inligting word ondersoek.
Met ter perse gaan is die bestuurder van die taxi nog nie amptelik deur die polisie ondervra nie. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.
Vorige artikel: Nog 'n ongeluk op N2
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'