HESSEQUA NUUS - Nóg ‘n ongeluk het op die berugte deel van die N2 naby Soutpan by Albertinia gebeur, toe ‘n minibus taxi uit die Oos-Kaap vanoggend, 28 Augustus om 05:10 gerol het.
Volgens ao Ciska Badenhorst van Albertinia-polisie is 13 van die insittendes met beserings na plaaslike hospitale geneem.
Die name van die beseerdes is nog nie bekend gemaak nie.
• Lees meer in volgende week se Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'