RIVERSDAL NUUS - Die ACVV Riversdal het Mandeladag behoorlik gevier deur verskeie lofwaardige projekte aan te pak om minderbevoorregtes en ook inwoners van ouetehuise se harte te verbly.
By Riversdal-hospitaal het hulle gebreide sokkies, mussies, kombersies en serpies vir die kinder- en babasaal geskenk. Selfs 'n paar nuwe mammas het gebreide kleredrag ontvang.
Hulle het ook baie van die klereskenkings en speelgoed op plase soos De Draai en Novo gaan uitdeel.
Daarna het die ACVV 'n besoek by Jan Lange- en Ou Meule-tehuise afgelê waar elke inwoner 'n klein bederfie gekry het.
Klere en speelgoed is op plase aan die plaasbewoners uitgedeel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'