HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit se Raad het Maandag, 7 Februarie die aanbeveling om adv Thys Giliomee aan te stel, herroep na die historiese aanloop tot sy uitdienstreding by Mosselbaai-munisipaliteit oorweeg is.
Hendrik Visser (direkteur: Ontwikkelingsbeplanning) neem tans waar as munisipale bestuurder.
“Dié pos sal so gou moontlik geadverteer word,” het Didi Budricks, munisipale woordvoerder by navraag gesê .
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'