Gallery Update
ALBERTINIA NUUS - Na meer as twee jaar kon die organiseerders van die Aalwynfees weer inspring om vanjaar terselfdertyd ook die dorp se 120ste jaar te vier.
Dié fees het vanaf Vrydag 23 tot Sondag 25 September op die plaaslike feesterrein plaasgevind. Besoekers vanoor die Hessequa-streek het dit bygewoon.
Buiten 'n groot verskeidenheid stalletjies, wat gewissel het van eetgoed, klere, messe, skoonheidsprodukte en vele meer, was daar Saterdag ook verskeie sangers en orkeste wat opgetree het.
FOTOGALERY: Albertinia Aalwynfees
Die Colour Run wat vir Vrydag beplan was, moes ongelukkig gekanselleer word, maar 'n pretloop is in daardie tydgleuf aangebied. Die inskrywingsfooi was ten bate van die museum.
"Die doel met die spesifieke roete deur die dorp was om bewusmaking te skep dat daar steeds dele is waar inwoners bedags veilig kan stap," het Stephanie Rossouw, een van die organiseerders en lid van die plaaslike buurtwag gesê.
"Mense moet egter in gedagte hou dat enige plek na donker nie altyd veilig is nie. Vermy afgeleë plekke, of dit bedags of saans is en probeer om saans nooit alleen te stap nie."
Hoewel die Colour Run gekanselleer moes word, het 'n pretdraf in sy plek plaasgevind en het hierdie groepie deelnemers duidelik daarna uitgesien.
Foto's: Juan-Maré Conradie
Lees 'n vorige artikel: Albertinia vier fees
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'