STILBAAI NUUS - Dit was Maandag 19 September 'n heuglike dag toe die 99-jarige Chris Steytler en die 96-jarige Kitty hulle 75ste huweliksherdenking gevier het.
Die egpaar is op 19 September 1947 in die Engelse Kerk in Waterval Boven getroud.
Hulle woon sedert Augustus 2019 in 'n tuinwoonstel by Carewell in Stilbaai en geniet nog goeie gesondheid vir mense van hul hoë ouderdom.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'