Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Danie Geldenhuys van Bali Trading het Saterdag 11 April ’n marathon in sy tuin afgelê.
Dit het beteken dat hy met die ondersteuning van sy gesin 420 keer om sy huis moes hardloop.
Maar dit was vir hom die moeite werd, want teen Maandagaand het hy bykans R90 000 ingesamel.
Met dié geld wil die gesin vir mense in Riversdal wat weens die Covid-19 inperking werklik swaarkry kos koop.
Kyk 'n verskafde video deur Danie Geldenhuys hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'