RIVERSDAL NUUS - Neels Terblanche, Vusi Marenene en Pieter Marais, drie kwadrupleë wat vanaf Mosselbaai na Hermanus op hul fietse onderweg is het Dinsdag 5 September by Riversdal aangedoen.
Die oorsprong van hierdie uitdaging is om voor te berei vir ‘n ekspedisie wat hulle beplan vir Desember 2024.
Die idee is om 28 000 km om Afrika te reis met ‘n spesiaal ontwerpte trapboot.
Agter: Thami Marenene, Inge de Villiers (skakelbeampte), Pieter Marais en Neels Terblanche (projekbestuurder). Voor: Vusi Marenene (kwadrupleegfietsryer).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’