HEIDELBERG NUUSFLITS - Twee vermeende motordiewe is na ’n wenk deur lede van die plaaslike polisie op die N2 gearresteer.
Hulle het blykbaar die motor wat in hul besit was, vroeër in Rondebosch, Kaapstad gesteel.
’n 33-Jarige man en 29-jarige vrou is deur konstabels Carlet September en Keanan Fredericks, lede van die C-skof onder leiding van ao. Jaco Louwrens, gearresteer.
Hulle het Maandag 15 Oktober in die hof verskyn.
Volgens Windvogel sou die staat enige poging om borg te verkry, teenstaan.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'