RIVERSDAL NUUS - Twee mans is Saterdagoggend 23 September omstreeks 02:35 dood toe hul Corsa Lite-bakkie die Ladysmith-pad verlaat en 'n deel van die grensomheining by Hoër Landbouskool Oakdale getref het.
Die 35-jarige Fazil Jacobs is op die toneel oorlede, maar die 57-jarige Jacob Andrew John (Jaap) Paulse het in die Riversdal-hospitaal aan sy beserings beswyk.
Vier insittendes, waaronder 'n man en 'n vrou en twee minderjarige kinders, is na die hospitaal geneem en vir ligte beserings behandel.
Die twee kinders was egter ongedeerd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’