SLANGRIVIER NUUS - ’n 13 Maande-oue baba het vroeër vanmiddag tragies verdrink.
Adrian Lotz se ma, Susan, was blykbaar gou na die badkamer terwyl hy op die bed geslaap het.
Met haar terugkoms het sy hom met sy kop in ’n 20-liter verfemmer, wat hulle vir drinkwater gebruik, gekry.
Sy het haar bure geroep om hulp en die buurvrou het die polisie ontbied.
Die noodlottige voorval het om ongeveer 12:00 gebeur.
Meer inligting volg sodra bekend.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'