TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
rooikaart s.nw., rooikaarte.
(sport) Ook rooi kaart. Rooi kaart wat aan ’n speler in enigeen van verskillende sportsoorte getoon word indien hy of sy volgens die oordeel v.d. skeidsregter ernstig oortree het of hom of haar aan gevaarlike spel skuldig gemaak het, en wat gew. die speler enige verdere deelname a.d. wedstryd ontsê: Een van M. (die span) se voorspelers het ... ’n rooikaart gekry (Beeld, 26 Mei 2008, Jip, 15).
Die speler wat die rooikaart ontvang het, (het) die beslissing bevraagteken, waarna die skeidsregter die wedstryd gestop het (Volksbl., 19 Mei 2008, 1).

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’