TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
bakleiwyn (ba-klei-wyn) s.nw. (geselstaal) (só genoem omdat persone wat te veel van hierdie drank drink, dikw. gewelddadig raak daarvan)
- Enigeen van verskeie goedkoop wynsoorte, gew. van minder goeie gehalte: Daar word … van die druiwe gepars en mos gemaak. Dié bekers mos kon baie stil manne se tonge vreeslik losmaak. Maar mos is nie ’n bakleiwyn nie. Die manne word net plesierig (S. Bruinders: DJ, 2017, 23).
- BRANDEWYN: Bakleiwyn, polisiekoffie, bergieparfuum, karatewater … Brandewyn het oor die jare al ’n slegte naam ontwikkel as gekose drankie van die bakleiers (Rapport, 7 Aug. 2016, E).

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’