TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
stoeka (stoe-ka) s.nw., stoekas. (bendetaal)
Tatoeëermerk, veral een waarvan die ontwerp ’n kenteken van ’n spesifieke bende is: My pa het twee tjappies. Een aan elke boarm … Op sy regter-boarm ’n kaalborsvrou ... Die ander stoeka, op sy linker-boarm, is dié van ’n gebreekte ketting wat aan ’n groot, groen anker vas is. En bokant dié stoeka pryk die woord Freedom (S.P. Benjamin: Steenkool, 1997, 78).
Ballie: Ek het hulle stoekas gesien. Al drie s’n is nogal op die voorarm uitgechub … Hulle is almal Sesse! Slang: Sien jy? ... Maar die eerste dag wat ek daai tattoos op hulle voorarms sien, het ek net vir myself gesê, ek gat’ie allow lat ’n paar Sesse my brood hier kom wegdra nie … Never! (C. Majiedt: Slang, 2013, 16)

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’