Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die brand wat gister, 1 Januarie, langs die Korenterivierpad ontstaan het woed steeds voort, hoewel dit onder beheer is.
Die oog van die vuur na die noorde, in die rigting van Korenterivierdam, die regterflank na die ooste (Oakdale-kant) en die suidelike flank (N2-kant) is ten volle gestuit.
Grondbeheerspanne fokus nou in 'n hittegolf teen die berg uit op die westelike flank, wat steeds vlamaktiwiteit het. Brandpaaie is in dié flank as 'n bykomende beheermaatreël geploeg.
Video verskaf:
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’