STILBAAI NUUS - Die 40-jarige Shaun Eksteen van Knysna is vroeg Saterdagoggend 2 Maart 2024 in Hoofweg-Wes, Stilbaai gearresteer vir die besit van onwettige perlemoen nadat die voertuig waarin hy was afgetrek is.
Aanvanklik was daar twee beskuldigdes vir die besit van 24 onwettige perlemoene, maar die saak teen 'n 33-jarige man is teruggetrek.
Eksteen is Vrydag 15 Maart skuldig bevind in die hof in Stilbaai en gevonnis tot R2 000 boete of 2 maande gevangenisstraf en 'n verdere R4 000 boete of 4 maande gevangenisstraf is opgeskort vir 4 jaar.
In sy vonnisoplegging het die landdros gesê dat die gemeenskap rondom Stilbaai die natuurlike hulpbronne koester en bewaar vir hulle nageslag en dan kom 'n gewetenlose plunderaar soos Eksteen en steel dit van hulle.
Hierdie soort van optrede sal nie hier geduld word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’