STILBAAI NUUS - Die begrafnisdiens van Jacqueline Pieterse vind Sondag 10 Maart 2024 in Melkhoutfontein plaas.
Die kerkdiens word in die Melkhoutfontein Gemeenskapsaal gehou en dit begin om 09:00.
Die 26-jarige Jacqueline se liggaam is Woensdagoggend 6 Maart met verskeie steekwonde gevind in bosse net buite Melkhoutfontein.
Die polisie ondersoek is in volle swang en geen steen word onaangeraak gelaat nie.
Jacqueline laat haar ma, 'n suster en 8-jarige seuntjie agter.
Langeberg Begrafnisdienste van Riversdal het aangebied om haar begrafnis op hulle eie onkoste te doen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’