Sponsored Content Video
MOSSELBAAI SAKENUUS EN VIDEO - Met 25 jaar se ervaring in die Oos- en Wes-Kaap, is Hear Clearly trots om hul nuwe voltydse dienste in die Spar-sentrum in Hartenbos aan te bied.
Hear Clearly doen navorsing oor en toets die gehoorapparate van alle handelsmerke sodat jy dit nie self hoef te doen nie.
Jy kan dit in hul bekwame hande laat om die beste produk te vind, met die beste klankkwaliteit, volgens jou individuele behoeftes en binne jou begroting. Hulle ontwerp ook stellings vir gehoorapparate na jou eie, unieke behoeftes, leefstyl en beroep.
Hear Clearly doen ook siftings- en diagnostiese toetse en daar is ’n proeftydperk om te verseker dat die apparate gemaklik pas en aan die nodige vereistes voldoen.
Die span by Hear Clearly glo dat ’n gehoorapparaat in die oor hoort en nie in die laai nie, en daarom lewer hulle ondersteuningspan net die beste diens.
Welkom by ons Hearing-familie.
Selektiewe gehoorverlies
Meeste mense wat met gehoorverlies sukkel, is nie op die konvensionele manier “doof” nie. Dit is nie ’n kwessie van volume nie, maar van duidelikheid. So ‘n persoon sal byvoorbeeld dinge sê soos,
“Ek kan hoor jy praat, maar ek kan nie uitmaak wat jy sê nie.” Hierdie is ‘n algemene probleem wanneer mense in groepe is, by vergaderings of wanneer daar agtergrondgeraas is. Konstante herhaling van sinne, of selfs misverstande, kan die beste verhoudings by die huis of werk op die proef stel.
Kyk 'n video hieronder:
Moderne gehoorapparate werk
Die netjiese, stylvolle en intelligente gehoorapparate wat deesdae op die mark is, gebruik kunsmatige intelligensie om spraakpatrone te onderskei ten midde van agtergrondgeraas.
Hierdie apparate voel gemaklik, “oop” en natuurlik. Gevorderde gehoortoestelle kan gerieflik gekoppel word aan jou selfoon, televisie, die internet en baie meer. Vir diégene wat iets heeltemal onsigbaar wil hê, kan die apparaat selfs diep in die oorkanaal weggesteek word.
Vir meer inligting, skakel Hear Clearly in Hartenbos by 044 692 0507 of hul George-tak by 044 871 2700, en besoek gerus hul webwerf by www.hearclearly.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'