Van die 165 slaghuise wat beoordeel is met 'n oorsiglys wat uit 212 punte tel, het sommige nasionale- en provinsiale wenners, soos Stilbaai Slaghuis, meer as 96% behaal.
Die Slaghuis spesialiseer in produkte soos volstruis, lam, bees, vark, seekos en hoender asook 'n heerlike verskeidenheid van wors, frikkadelle en hamburger patties. Hulle is ook baie bekend vir hulle lekker sosaties asook afvalprodukte maar waarvoor hulle die bekendste is, is die Stilbaaiwors.
Stilbaai Slaghuis wil graag net hulle plaaslike en landswye kliente bedank vir hulle ondersteuning en hulp om 'n sukses te maak van die onderneming, asook die Rooivleis bedryf vir die geleentheid om aan die vleistoekenning deel te neem. Hulle nooi ook bestaande en voornemende kliente om hulle deli in die dorp (onder die gym) asook die een in Melkhoutfontein te besoek vir dieselfde uitstekende gehalte en pryse as die slaghuis.

Die vriendelike personeel van Stilbaai Slaghuis met die toekenning.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'