Advertorial
SAKE NUUS - SSK huisves die afgelope paar jaar gereeld studente van Suid-Kaap Kollege, wat praktiese internskappe van 12 tot 18 maande, na voltooiing van hulle teoretiese eksamen daar doen.
Die studente lewer werk van hoogstaande gehalte en word gereeld na die voltooiing van die internskappe permanente posisies by SSK aangebied.
Mosselbaai, van links: Albertia Brandt, Marion Sinkfontein, Angie du Preez (besig met internskap), Sannette Jansen, Onnae Dick, Jessie Bothman (besig met internskap), Bianca Brummer en Annelie van Wyk (SSK senior bestuurder: kommunikasie en bemarking).