Toyota is trots op Meghann Bouwer wat tydens die 2016 Knights inhuldigingseremonie bekroon is met die F&I CE Knight van die Jaar. Dit is die prys vir kliëntediens in die afdeling finansiering en versekering wat insluit alle handelaars in die land. Dit is die vierde keer dat sy hierdie prys wen.
“Ons by Riversdal Toyota is passievol oor kliëntediens. Meghann Bouwer lewe vir kliëntediens op ‘n dag-tot-dag basis. Om deel te wees van die Toyota Knights program moes Meghann aan sekere kriteria voldoen, soos kliënttevredenheid, verkoopsvolume, markaandeel en betrokkenheid in die gemeenskap saam met die handelaar en onafhanklik.” het Henk Louwrens (handelaarshoof: Riversdal Toyota) gesê.
Meghann Bouwer en Pieter Wentzel wen elkeen ‘n toer na Dubai.