Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - 'n Unieke leefstyl met 'n onbelemmerde uitsig oor die see en Outeniquaberge, omring deur fynbos en uitgestrekte strande is wat van Renosterbos Landgoed 'n gesogte tuiste maak.
Hierdie nuwe leefstylontwikkeling, naby Hartenbos en Mosselbaai, bied 'n sorglose leefstyl in 'n moderne sekuriteitslandgoed.
Alles binne bereik van al die gerieflike fasiliteite en geleenthede wat die Suid-Kaap aan sy inwoners bied. Deel van 'n sorglose leefstyl in die Suid-Kaap is ook die wete dat Mosselbaai weereens aangewys is as die beste munisipaliteit in die land.
Die ligging van die ontwikkeling is sowat 2,7 km van Hartenbos, 8 km van Mosselbaai se sakekern en 42 km vanaf George. Dit is ook gerieflik naby aan een van die belangrikste hoofroetes, die N2, asook die George-lughawe.
Wat hierdie ontwikkeling veral uitsonderlik maak is dat daar voorsiening gemaak word vir behuising vir mense in al die verskillende fases van die lewe. Met sy moderne argitektuur en luukse afwerking bied die landgoed 'n verskeidenheid huise aan verskillende generasies. Hier kan die onafhanklike 50-plusser verseker wees van 'n veilige, ontspanne en hoë lewenstandaard wat geïntegreer is in 'n groter leefstylontwikkeling waar ouer persone deel is van die gemeenskap.
Hier is u nie net verseker van 'n veilige omgewing van fynbos, wandelpaaie en ryk voëllewe nie, maar ons bied aan jou die gemoedsrus dat daar wel verskillende vlakke van versorging beskikbaar gaan wees soos wat u ouer word.
Geniet die rustigheid en smee nuwe vriendskapsbande.
'n Bewusmakingsveldtog het onlangs afgeskop en sedertdien het die ontwikkelaars, Cape Estates, talle navrae en positiewe terugvoering gehad. Die siviele werke het die einde van Februarie begin en na verwagting sal van die huise in die eerste fase reeds voor einde van die jaar voltooi wees..
Die eerste fase sal na verwagting ten volle voltooi wees teen middel 2023. Dit maak voorsiening vir 50 eenhede wat wissel van twee tot drie slaapkamereenhede. Die grootte wissel tussen 142 vierkante meter tot 209 vierkante meter.
Voornemende kopers sal 'n keuse hê van vyf modelle wat heel gepas vernoem is na diere eie aan die omgewing. Die modelle is Bosbok, Tarentaal, Kiewiet, Fisant en Duiker en pryse wissel tussen R1 995 000 en R3 100 000.
Die totale ontwikkeling bestaan uit die volgende -
- 117 Alleenstaande woonhuise (50-plussers);
- 124 Luukse wooneenhede met bystandhulp beskikbaar;
- 73 Erwe waar eienaars kan bou binne voorgeskrewe vereistes;
- 41 Enkelslaapkamereenhede met bystandhulp beskikbaar;
- 'n Verswakte versorgingseenheid met 36 beddens.
Vir meer besonderhede oor die projek kontak:
Nicola per e-pos by sales@renosterbosestate.co.za of besoek ons webwerf.
Kom gesels, verken en ondersoek.
Op Soek na Eden is 'n uitstaande nuwe televisiereeks oor Mosselbaai en die Tuinroete. Hierdie pragtige program van 13 episodes word vanaf begin September op die Via-kanaal 147 uitgesaai.
Olns is opgewonde om as ontwikkelaars, met 'n verbintenis tot die Tuinroete, deel van hierdie kleurvolle program te mag wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'