Advertorial
JONGENSFONTEIN SAKE NUUS - Wat ‘n asemrowende uitsig - en dit is presies wat Privelistea beteken: Die Uitsig.
Privelistea is op ‘n koppie net buite Jongensfontein ontwikkel en is só geleë dat die mooie stranddorpie met die oseaan as perfekte agtergrond dien vir troufoto’s.
Dié splinternuwe plek is ideal vir troues en tot 240 gaste kan op die opelug amfiteater-stylbankies sit en uitkyk oor die dorpie, see en ongerepte natuur terwyl die seremonie voor hulle plaasvind.
Die ruim saal beskik oor ‘n kombuis en kroeg en het groot vensters wat uitkyk op die dorpie en see.
Privelistea is nie net geskik vir prentjiemooi troues nie, maar ook vir konferensies, optredes en ander funksies. Die eienaar, Marco Olivier, het nog baie planne vir die plek en nóg bykomende areas sal selfs buitelug optredes moontlik maak.
Met wild soos springbokke en ander bokke wat onverhinderd wei, die perfekte ligging met ‘n ongelooflike uitsig en gerieflike fasiliteite, is Privelistea voorwaar ‘n aanwins vir die omgewing wat vinnig al hoe gewilder word vir troues en ander funksies.
Besprekings: Kontak Marco Olivier by 076 819 1838 besoek hul webtuiste by www.privelistea.co.za
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'