Van 'n ietwat verskillende ontbyt (hardgekookte eiers, roomkaas en gerookte salm met kappertjiesaad), hul tuisgemaakte pasteie en burgers, 'n verskeidenheid van die lekkerste slaaie en houtvuur pizza met dun basis, is daar iets vir almal om te geniet. Ouers kan op die sonnige dek ontspan terwyl die kinders op die swaaie speel, of jy kan jou ete in die lugverkoelde restaurant geniet terwyl jy na sport op die televisie kyk en na goeie musiek luister.
Eienaar Michael Amos maak keurige brood in die houtvuur oond en sy ciabatta-, suurdeeg-, rog- en platbrode is uiters gesog. Hy het ook gesondheidsmuffins, gewone en sjokolade croissants op die bakkery spyskaart - heerlik saam met 'n goeie cappuccino.
Deli-afdeling
Die deli-afdeling het 'n keuse van konfyt, kaas, ingevoerde sjokolade en koeldrank - en ook plaaslik vervaardigde handwerk. "Ek probeer om die plaaslike bedryf soveel as moontlik te ondersteun en gebruik slegs die varsste bestanddele in my geregte, hetsy dit in my eie tuin gekweek is of van plaaslike verskaffers gekoop word," vertel Michael.
Besigheidsure
Delish is ten volle gelisensieerd en is sewe dae per week oop, van 09:00 tot 18:00 Saterdag tot Dinsdag en van 09:00 tot 21:00 Woensdag tot Vrydag. Kyk uit vir hul spesiale aanbiedinge met aandete en Sondag middagete wat insluit tuisgemaakte pasta, Southern fried chicken, smaaklik en sagte ribbetjies en biefstuk en stadiggeroosterde lamsvleis. Vanaf hierdie maand is daar Delish Familie Woensdae, wat beteken jy kan die gesin vir aandete op 'n Woensdagaand (18:00) bring en die kinders onder die ouderdom van 12 kan vir halfprys eet!
*Vir besprekings of inligting skakel 028 722 1850.
"Sien julle gou by Delish!" nooi Michael.
'n Watertand hoender, brie, peppadew en geroosterde saad pizza is slegs een van 'n verskeidenheid pizzas wat by Delish beskikbaar is.