Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Die ontwikkeling van 'n aftreeoord by Adler's Nest sien uiteindelik die lig na maande se gesloer omdat die ontwikkeling deur omgewingsake ontwrig is.
Eienaar Hein Marx sê hy moes so ver gaan en 'n aansoek in die hooggeregshof bring waarin hy omgewingsake gedagvaar het omdat hulle die ontwikkeling probeer stop het.
"Mense dink ons as ontwikkelaars kon nie doen wat ons gesê het nie, maar dit is alles omgewingsake se skuld dat dit uitgestel was."
Gelukkig kan die ontwikkeling, geleë in die ongerepte natuurskoon van Aalwyndal, Mosselbaai, nou voortgaan.
Die ontwikkeling vind plaas op dieselfde perseel waar Adler's Nest geleë is.
Adler's Nest het die afgelope sewe jaar 'n puik reputasie opgehou as 'n fasiliteit wat, buiten verswaktesorg, uitstekende mediese sorg 24 uur per dag beskikbaar stel.
Die nuwe aftreeoord sal uit eie titelhuise en deeltitel woonstelle bestaan. Daar sal ook 'n gemeenskapsentrum wees wat oor alles beskik, insluitend 'n winkel en selfs 'n gimnasium waar inwoners van die aftreeoord kan oefen.
Boonop sal die aftreeoord ook dierevriendelik wees. Heffings sal per persoon en nie per eenheid vereffen word.
Marx sê daar sal 100 000 liter water per dag tot inwoners se beskikking wees om onder meer voertuie te was en tuine te besproei. "Ons gaan riool self ondergrond verwerk en verseker dus genoeg water."
Naas al die ander voordele wat huiseienaars kry, is die aftreeoord uniek omdat dit oor die mooiste uitsig oor die berge en die see beskik.
Wonings sal van siersteen gebou word sodat die onderhoud so laag as moontlik is. Moderne sekuriteit sal ook 24 uur per dag aan inwoners beskikbaar wees en huiseienaars kan hulle laaste jare in 'n veilige, mooi en bekostigbare omgewing spandeer.
"By Adler's Nest bied ons 'n veilige, vreedsame en stil omgewing. Ons reëls is nie rigied nie, omdat ons wil hê die inwoners en enige besoekers moet so tuis as moontlik hier voel," sluit Marx af.
Kontak Hein op 082 801 5399, stuur ‘n e-pos na info@adlersnest.co.za, of besoek www.adlersnest.co.za vir meer inligting.
Adler's Nest het die afgelope sewe jaar 'n puik reputasie opgehou as 'n fasiliteit wat, buiten verswaktesorg, uitstekende mediese sorg 24 uur per dag beskikbaar stel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’