Advertorial
SAKENUUS - Die CSN Mediese Sentrum in Da Nova, Mosselbaai (die swart en heldergeel gebou oorkant Life Bay View-hospitaal) brei uit om aan die groeiende vraag vir nie-chirurgiese gesigsestetika behandelings te voldoen.
Christo Strydom, stigter van CSN, bekend vir drastiese vetverlies en diabetes-remissie, het besluit om die plaaslike CSN Mediese Sentrum in Mosselbaai uit te brei weens die groeiende aanvraag van kliënte wat hul gewigsverlies- en gesondheidsreise voltooi het en spesifiek navraag gedoen het oor nie-chirurgiese gesigsestetika, insluitend Botox en dermale vullers.
Om aan hierdie behoefte te voldoen, is 'n spesiale spreekkamer by die CSN Mediese Sentrum ingerig om hierdie dienste op 'n hoogs professionele manier teen bekostigbare pryse aan die publiek te bied.
Om die hoogste standaarde van professionaliteit te verseker, het CSN in samewerking met dr. Inus Strydom, 'n gerespekteerde op die gebied met 17 jaar se ondervinding in die veld, ooreengekom dat hy hierdie spesialiteitsdienste vir CSN sal aanbied.
Dr. Strydom, oorspronklik van Oos-Londen, se uitgebreide kundigheid en ervaring sal verseker dat pasiënte gehalteversorging ontvang.
CSN bevestig met hierdie uitbreiding dat dit nie meer net gefokus is op die behandeling van vetsug, diabetes en aanverwante siektes nie, maar nou ook gevorderde estetiese en verjongingsbehandelings bied.
CSN is trots om hierdie innoverende diens by hul mediese sentrum bekend te stel en sien daarna uit om dit verder landwyd uit te brei.
Vir besprekings of navrae:
- Skakel 072 435 7292.
Of kontak ons deur sosiale media:
Watch: World renowned Prof Molentze talks about his breakthrough study on Diabetes Remission
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’