Advertorial Gallery Video
STILBAAI SAKENUUS EN VIDEO - Dit het heelwat makliker vir dames op dié dorp geword om op hul beste te lyk met die opening van die Laser4u skoonheidsalon.
Elmarie Grobler en haar medeterapeut Anke Muller bied sedert 20 Julie professionele haarverwydering en verslankingsbehandeling met behulp van die nuutste lasertegnologie. Hulle verkoop ook skoonheidsmiddels en verskillende soorte geurige tee wat slegs uit natuurlike produkte vervaardig word.
Elmarie het na skool haarself in skoonheidskunde bekwaam en haar eie salon geopen. Toe die reisgogga byt het sy die salon verkoop en vir ’n paar jaar in Engeland gewerk. Na haar terugkoms is sy getroud en het allerlei ander beroepspaaie gevolg. Met haar oudste dogter nou op die ouderdom waar belangrike besluite geneem moet word, het Elmarie besef sy moet na die skoonheidswêreld terugkeer. Sy en Anke is reeds geruime tyd vriende en met Anke se passie vir massering en haar natuurlike begrip vir mense as gevolg van haar verpleegagtergrond, was sy die aangewese terapeut vir die nuwe salon.
Haarverwydering word deur die diode-lasermasjien gedoen. Dit werk op drie golflengtes en stimuleer ook die vel se eie kollageen om ‘wakker’ te word en meer effektief te werk. Hoewel donker hare minder sessies as ligtes nodig het, kan meeste mense volgens Elmarie met ses tot agt sessies van ten minste ’n maand uitmekaar bevredigende resultate sien. Die verslankingsmasjien se hoë frekwensie vernietig vetselle en die liggaam skei dit self uit. Selluliet word ook deur die masjien masseer om dit af te breek.
Nuwe kliënte kan ’n aantal spesiale aanbiedinge tot einde September benut. Enigiemand wat nou ’n volledige reeks behandelinge bespreek, sal die spesiale prys tot aan die einde van die reeks betaal al strek dit later as 30 September.
Laser4u is langs Hoofweg-Wes geleë en die twee dames sien uit daarna om hul kliënte te verwelkom.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'